Pretpark (2025 uitgawe)

Wanneer ‘n pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. En alhoewel hulle aanvanklik skepties is, neem hulle deel aan ‘n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit net ‘n skadelose toertjie?

Wanneer ‘n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. En alhoewel hulle aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel aan ‘n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . . anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur. Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid te ontbloot – voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar stel.

‘n Grillerige avontuur perfek vir dapper lesers wat nie bang is vir die donker nie!

ISBN

9780798185295

Publication month

October

Imprint

Human & Rousseau

Language

Afrikaans

Format

198 mm x 130 mm Softcover

Pages

144.0

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Pretpark (2025 uitgawe)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *