Eleksie op Erdvark

Soois Swart se sukkelende koerantjie op Erdvark in die Knersvlakte berig sonder moderne tegnologie oor die naderende munisipale eleksie. Die regerende BA Minus is voorstanders van kleinhuisies en die opposisie vra vir spoeltoilette. Toe ’n horingadder ’n inwoner in ’n kleinhuisie pik, is die gort gaar.

Buy Online

Categories ,

Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar die totale afwesigheid van moderne tegnologie groot uitdagings aan hom stel. Maar sy kopsorge vermenigvuldig met die naderende munisipale eleksie.
Vir die eerste keer in ’n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan. En burgemeester Duimpie du Plooy dreig om sy kompos-onderneming se advertensies uit die koerant te onttrek, en ander te oorreed om dit ook te doen, indien hy nie gelukkig is met Soois se beriggewing nie.
Soois moet ’n koorddans uitvoer tussen goeie joernalistiek en beriggewing wat nie aanstoot gee nie. Geensins ’n maklike taak nie, gegewe die talle strydpunte – die brandenste een die afwesigheid van spoeltoilette op die dorp. Die BA Minus is vurige kampvegters vir die behoud van kleinhuisies en die opposisie driftige voorstanders vir vernuwing.
Wanneer ’n horingadder in ’n kleinhuisie sy tande in ’n kwesbare deel van ’n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot amptelik. En van daar af gaan dit doller as kopaf.

Publication Date

October 2025

ISBN

9780795803000

Format

198mm x 130mm Softcover

Imprint

Queillerie

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Eleksie op Erdvark”

Your email address will not be published. Required fields are marked *