Kanniedood

Skinderpraatjies veroorsaak dat speuradjudant Storm van der Merwe tydelik geskors word. Die omgewingsaktivis Jane English nooi haar uit om op haar wildplaas neffens Barrydale te kom kuier. Maar Jane het ’n verskuilde agenda: ’n sindikaat het skaars vetplantjies van haar plaas gestroop en sy smeek Storm om die smokkelnetwerk oop te vlek.

Buy Online

 

SKU 9780798186025 Categories , , ,

Speuradjudant Storm van der Merwe en kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in ’n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn?

Die lysie raaisels raak al hoe langer. Shirien ignoreer skielik haar oproepe, en kolonel Mier Ritchie kom met die storie vorendag dat Storm oneties opgetree het, en sy word summier tydelik ontslaan.

Sy besluit op ’n kort blaaskans op Jane English se wildsplaas buitekant Barrydale. Maar Jane vertel haar ’n sindikaat het net die vorige week skaars vetplantjies gestroop en sy smeek Storm om te help om die internasionale smokkelnetwerk oop te vlek. Toe sy instem, verskyn die einste Kai Jonas weer op die toneel.’n Blitslekker krimi, deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo.

Publication Date

April 2026

ISBN

9780798186025

Extent

360pp

Format

Softcover (234mm x 152mm)

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

E-ISBN

9780798186032

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kanniedood”

Your email address will not be published. Required fields are marked *