Op die spoor van die Stasiemoordenaar

Die gesoute joernalis en skrywer Julian Jansen volg die spoor van die seuns en die destydse polisieondersoeke om lig te werp op hierdie donker raaisel.

SKU 9780624095200 Categories , ,

Vir agt jaar het die sogenaamde Stasiemoordenaar die Kaapse Vlakte in sy greep gehou – van 1986 tot 1994 verdwyn 22 jong seuns en mans spoorloos. Die gemeenskap leef in vrees en word tot stilstand geruk elke keer wanneer nóg ’n jong seun verdwyn.

Sommige van die slagoffers se liggame word later gevind tussen bosse en op sandduine met hulle hande agter hulle rûe vasgebind en hulle gesigte in die sand. Die meeste van die moorde is nooit opgelos nie en die families soek tot vandag toe nog na antwoorde.

Norman Simons, in 1995 skuldig bevind aan een van die moorde, is in 2023 op parool vrygelaat. Tergende vrae bly egter spook. Waarom het ooggetuies destyds ’n ander man beskryf? Aan wie behoort die DNS op van die tonele? Is die Stasiemoordenaar ooit gevind?

Publication Date

Mar-26

ISBN

9780624095200

Extent

224pp

Format

Softcover (234 mm x 152 mm)

Language

Afrikaans

Publisher

Tafelberg

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Op die spoor van die Stasiemoordenaar”

Your email address will not be published. Required fields are marked *