Stephan Joubert

Stephan Joubert is ’n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ’n gesinsman. Hy is hoof van ekerk, ’n virtuele geloofsgemeenskap wat mense regoor die wêreld deur digitale bediening bereik. Hy is ook ’n buitengewone professor by verskeie universiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG! Die Boodskap, ’n eietydse vertaling van die Bybel saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Stephan is die skrywer van talle boeke, onder meer Jesus – ’n radikale sprong, wat in 2010 met die Andrew Murray-prys bekroon is. Hy het al meer as 55 titels uitgegee en meer as 200 000 boeke verkoop. Hy bly in Kemptonpark.

Author's books

Uit die Beek 2026

Uit die Beek is net oor 100 jaar oud in 2026. In hierdie uitgawe begin ons lees by Genesis en lees ook Eksodus, Rut, 1 en 2 Samuel, Ester, Psalms, Spreuke, Prediker en Jesaja. Ook Markus, 1 Korintiërs, Filippense, 1 en 2 Tessalonisense, 1 en 2 Timoteus. Ons neem die seisoene van die kerkjaar ook in ag. Mag jy vanjaar hoor dat jy aan Jesus behoort.