Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg is in 1951 in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad, waarna hy in 1982 medestigter en uitgewer van Bloemnuus word, en later redakteur van Die Ekonoom-saketydskrif. In 1987 verhuis hy Kaap toe en sluit hom by Sanlam se reklame-afdeling aan.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg). Die stuk verskyn in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n self-publikasie vir kleuters, Die Doempies van Tafelberg.
In 2013 skop sy spanningsverhaal-skryfloopbaan by Queillerie af met Slagyster, waarop volg die baie gewilde Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek en Merk, en die komiese romans Hans steek die Rubicon oor en Hans gee Herklaas horings. Kamikaze was die 2018-wenner van die ATKV Woordveertjie vir Spanningsfiksie.

Rudie skilder reeds die afgelope 25 jaar en van sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje en Australië.

Besoek http://rudievanrensburg.co.za/

Author's books

Eleksie op Erdvark

Soois Swart se sukkelende koerantjie op Erdvark in die Knersvlakte berig sonder moderne tegnologie oor die naderende munisipale eleksie. Die regerende BA Minus is voorstanders van kleinhuisies en die opposisie vra vir spoeltoilette. Toe ’n horingadder ’n inwoner in ’n kleinhuisie pik, is die gort gaar.

Buy Online