Riaan Grobler

Riaan Grobler is ’n bekende in die vermaaklikheidsbedryf as sanger, akteur, omroeper, aanbieder en skrywer. Hy is ook die musiekopsteller by RSG. Riaan is gebore in Polokwane en woon in Pretoria. Hy het twee blitsverkoperromans geskryf in twee jaar: Geheime op Philadelphia en Hospitaal Weltevreden. Die avonture van Helga Roets is sy derde roman.

Author's books

Die avonture van Helga Roets

Helga Roets woon al ses jaar by Silwerhare Aftreeoord. Wanneer sy met makulêre degenerasie gediagnoseer word, is Helga raadop. Sy glip een oggend suutjies uit by die aftreeoord, reg om haar beoogde reisavontuur te begin. Maar die orige Stefaans wag onder die lamppaal, so ewe van plan om haar te vergesel. Net omdat sy kwansuis nie kan sién nie.

 

Buy Online

Takealot
Graffiti Books