François Bloemhof

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is al in elke kategorie bekroon, insluitend vir sy eerste roman, Die nag het net een oog. Van sy pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self hulle wenboeke aanwys. Hy het ook reeds bundels vir verskeie uitgewers saamgestel. Daarbenewens het hy sukses behaal met die skryf van tekste vir die verhoog (’n kabaret en tienerstuk) en radio (dramas en ’n vervolgverhaal). Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent en -joernalis. Hy was ook al verhaleredakteur vir die tydskrif Sarie en boekeredakteur by Die Burger. Hy woon in Durbanville.

Author's books

Een keer om die son

As jy iemand verloor, gaan die lewe voort. Jý moet ook. Dit is wat die Van Wyk-gesin leer met een van hulle se dood. Op ’n manier moet hulle sin maak uit wat gebeur het – en uit wat volg. Veelbekroonde skrywer François Bloemhof het hierdie TV-reeks, wat só die land se verbeelding aangegryp het, verwerk tot ’n roman wat wyd byval sal vind.

 

Buy Online


Wordsworth Books

Loot

Takealot

Graffiti Books