Etienne van Heerden

Etienne van Heerden is in Johannesburg gebore (1954). Hy word groot in die Oos-Kaap en op Stellenbosch, waar hy aan Paul Roos Gimnasium matrikuleer. Na ’n jaar in die Suid-Afrikaanse vloot studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade B.A. (Regte), LL.B. en honneurs (cum laude) in Afrikaans en Nederlands, ’n meestersgraad aan die Universiteit van die Witwatersrand en ’n Ph.D. aan Rhodes Universiteit. Hy werk onder meer as prokureur, in die reklamebedryf en daarna ook as dosent aan die Universiteit van Zoeloeland en Rhodes Universiteit. Hy was twee dekades lank betrokke by die doseer van letterkunde, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad waar hy benewens kreatiewe skryfwerk-begeleiding ook gemoeid is met die doseer van literêre teorie, mediastudies en Suid-Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Hy is professor emeritus verbonde aan dié universiteit en is ook sitgterredateur van LitNet. Hy is ’n veelbekroonde skrywer wat onder meer reeds die CNA-, W.A. Hofmeyr-, ATKV-Prosa- en Hertzogprys ontvang het. Hy woon op Stellenbosch.

Author's books

Diereriem

’n Pakkende literêre spioenasieverhaal, tragiese liefdesverhaal, reisverhaal én biegroman, Diereriem is ’n grootse werk, ’n verrassende wending in Van Heerden se reeds breë oeuvre.