Eleanor Baker as Alex Muller

Alex Muller was een van Eleanor Baker se skuilname. Onder hierdie pseudoniem het sy tussen 1998 en 2002 vyf spanningsverhale die lig laat sien. Benewens romans en jeugboeke het sy ook liefdesverhale onder die skuilnaam Christine le Roux geskryf. Sy is op 1 Julie 2002 op 57-jarige ouderdom oorlede.

Author's books

Drie misdade in ‘n knoop

Speurder Adriaan Kruger en sy nuwe vrou vind nog hul voete in hul nuwe tuisdorp toe Adriaan met ’n raaiselagtige verdwyning en ’n vergiftiging gekonfronteer word. Verder lyk dit asof ’n onopgeloste saak daarmee verband hou. Drie misdade met oënskynlik geen raakpunte, maar los jy één op, vermoed Adriaan, word die ander los drade ook vasgeknoop.