Anita du Preez

Anita du Preez is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA Honneurs- en Magistergrade verwerf, albei cum laude. Sy woon in Vishoek.

Author's books

Die laaste leuen

Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak. Swart. Niks. Toe sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, met ’n bloederige wond aan sy kop. Wie kon Max hier in hul leefkamer aangeval het? Dit kan tog nie wees dat sý . . .? Sy sal bitter gou ’n manier moet vind om haar onskuld te bewys – al kan sy nie onthou nie.