Die man van elders

’n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind.

Buy Online











Categories ,
Moenie toelaat dat die wind jou omkrap nie. As die water rimpelings het, wag jy tot dit stiller is en vang dáárdie beeld vas.

Jean Botha verkeer tans elders: iewers en tegelykertyd nêrens. Ná drie jaar op ’n passasierskip smag hy na ’n plek wat syne is en waar hy gewoon net mens kan wees.

Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, ’n gesiene boer van die Oos-Vrystaat.

Toe Duncan Weston aanbied dat Jean op sy plaas naby Bethlehem gaan toesig hou, gryp hy die geleentheid aan. Daar slyp hy sy kunstalent en begin sy werk aan galerye verkoop.

Intussen broei onheil in die pasgetroude Hoogendyk se huis. Die sjarmante Martin, wat selfs Renette se predikantpa met sy fyn ingesteldheid en hoflikheid beïndruk het,  verander oornag in ’n vreemdeling. ’n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind.

Publication Date

October 2025

ISBN

9780798185103

Format

234mm x 152mm Softcover

Imprint

Human & Rousseau

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die man van elders”

Your email address will not be published. Required fields are marked *