Van die dag wat hy die studentepolitiek betree het, was Roelf Meyer se paadjie vir hom uitgekap. Dit was die laat 1960’s en die hoogbloei van Afrikanernasionalisme.
Nadat hy eers as prokureur werk, word hy in 1979 tot lid van die parlement vir die Nasionale Party (NP) verkies en teen die middel tagtigerjare was hy reeds in die party se binnekring. Tydens sy termyn as adjunkminister van Wet en Orde besoek hy egter talle plakkerskampe en beleef eerstehands die lewensomstandighede van swart mense en sy geloof in die korrektheid van apartheid begin wankel.
Toe hy as hoofonderhandelaar van die NP in die onderhandelinge om ’n demokratiese Suid-Afrika aangestel is, het Meyer reeds geweet dat verandering nodig was, maar in watter vorm nog nie. Sy memoir bied ’n aangrypende blik op die persoonlikhede, trekkragte en drukpunte wat die oorgang se verloop bepaal het.
Op vele momente is dit sy spesiale verhouding met Cyril Ramaphosa, hoofonderhandelaar van die ANC, wat die knoop deurhak. Hy vertel meer oor hul band, wat 30 jaar later ’n rol gespeel het in sy aanstelling as ambassadeur tot Amerika, en beantwoord die vraag: Wat verg dit om twee skynbaar onversoenbare partye te laat saamwerk.

Reviews
There are no reviews yet.