VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen. Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige
kleurfoto’s, asook:
Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.
Burger Cillié is ’n bekroonde natuurfotograaf met meer as dertig jaar se ervaring. Hy is die skrywer en mede-skrywer van meer as vyftien boeke en lewer gereeld praatjies oor Suider-Afrikaanse voëls en wild. Niel Cillié is ’n bekende fotograaf van Suider-Afrikaanse voëls en wild. Hy is ’n grafiese ontwerper en skrywer verbonde aan Game Parks Publishing met ’n spesiale belangstelling in roofvoëls. Phil Penlington is ’n ervare voëlkyker en -fotograaf, die mede-stigter van birdpics.co.za en ’n gereelde deelnemer aan BioChat. Trevor Hardaker is een van SA se mees ervare voëlkykers. Hy is die voorsitter van die BLSA National Rarities Committee en besit en bestuur die e-nuusbrief Southern African Rare Bird News. Karin Wiesler is ’n kranige voëlkyker en -fotograaf met ’n graad in omgewingsleer en ’n kwalifikasie van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Veldgidse (FGASA). |
Category: | Wildlife: Birds & Birdwatching |
ISBN: | 9781928363132 |
Publisher: | Sunbird Publishers | |
On sale: | August 2022 |
Format: | Paperback |
eBook ISBN |