fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Op Pad in Suid Afrika


B.P.J. Erasmus


Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit – van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung –is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken.

Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het ’n vars, kontemporere voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so ’n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het ’n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie.

Die 37 hoofstukke is in ’n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor ’n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks. Die boek bied iets vir almal – of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok.

Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 foto’s bevat Op Pad in Suid-Afrika ’n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.

 

Barend Petrus Jacobus Erasmus is op 15 Desember 1930 gebore. Hy verwerf grade in klassieke en moderne tale aan die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, laasgenoemde verwerf hy summa cum laude. ’n Groot deel van sy loopbaan bring hy deur in die diplomatieke diens in Den Haag en Londen, waar hy onder meer inligtings-attaché is. Verder is hy ook redakteur van verskeie tydskrifte, waaronder Panorama. Hy verhuis in 1989 na aftrede vanaf Pretoria na Philipstown, ’n dorp in die Bo-Karoo. Hy is getroud en sy vier kinders het almal universiteitsgrade en het almal na die buiteland geëmigreer, sy seun Johan sterf in 2007. Hy is op 8 Februarie 2012 oorlede.

Category:  Guidebooks
ISBN:  9781920289652
Publisher:  Sunbird Publishers
On sale:  February 2014
Format:  Paperback (3rd edition)
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru