fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Die Brug: Na die hel en terug in Angola


Deon Lamprecht


In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting -  en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

 

Deon Lamprecht is ’n senior nuusjoernalis en bekroonde artikelskrywer. Hy debuteer met Tannie Pompie se Oorlog (2015) wat ’n topverkoper word. In sy loopbaan by The Pretoria News, Beeld en Rapport het hy oor feitlik elke onderwerp geskryf, van misdaad en die omgewing tot die Bosoorlog en politiek. Hy was nasionale nuusredakteur van Beeld, stigter-redakteur van Media24 se Afrika-kantoor en ook drie jaar lank Media24 se nuusverteenwoordiger in Washington, DC. Hy is tans 'n herskrywer by Huisgenoot.

Category:  Military History
ISBN:  9781928248088
Publisher:  Delta Books
On sale:  July 2020
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781928248095 
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru