fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Wintersrust deur Joyce Kotzè


Joyce Kotze en Daniel Hugo


’n Familie bevind homself in twee geskeur wanneer hulle by die Anglo-Boereoorlog betrek word en ’n Boereseun teen sy Britse neef moet gaan baklei. Met die uitbreek van die oorlog word liefdes- en vriendskapsbande wat op die Transvaalse bosveld en in die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, op die slagvelde van Suid-Afrika getoets.

Wanneer die eerste fase van die oorlog oorgaan in die guerrillafase en die vernietigende verskroeideaardebeleid geïmplementeer word, moet die twee nefies en hul sibbe moeilike keuses maak en alles op die spel plaas.

Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur. Dit handel oor individue wat worstel met magte buite hul beheer. Sommige word deur wanhoop oorweldig en oorleef nie. Ander kom uiteindelik by vrede en vergifnis uit. Ondanks hul woede en gevoel van verontregting ontdek die familie ’n mag wat sterker as die oorlog is.

 

JOYCE KOTZÈ het grootgeword in Namibië en in Kaapstad studeer. Tydens die Grensoorlog het sy as ’n radiograaf in haar geboorteland gewerk. Deesdae verdeel sy haar tyd tussen Namibië en die Riebeek-vallei in die Wes-Kaap. Sy werk tans aan ’n nuwe roman wat tydens die Eerste Wêreldoorlog afspeel. DANIEL HUGO is ’n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is ’n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. In 2014 ontvang hy die Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir die vertaling van Sprakeloos (2011) van Tom Lanoye.

Category:  History
ISBN:  9781868427338
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  May 2017
Format:  Paperback (Afrikaans)
eBook ISBN  9781868427659  
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru