fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Ratels aan die Lomba: die storie van Charlie-eskadron


Leopold Scholtz


Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die groep jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.

Op die Lomba het hulle nie net te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig nie, maar ook teen ’n terrein wat so dig bebos was dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg op die Lomba. Scholtz se beskrywing van hierdie David teen Goliath geveg neem die leser na die hart van die aksie.

Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood.

 

Dr. Leopold Scholtz is ’n oudjoernalis en die skrywer van sewe boeke, waaronder die gewilde Die SAW in die Grensoorlog (ook in Engels vertaal). Hy was tot 2007 adjunkredakteur van Die Burger en het daarna Media24 se Europese kantoor beman. Hy het in 2013 afgetree, maar skryf steeds gereeld analises oor die internasionale politiek vir verskillende publikasies. Scholtz is in 1997 gerekruteer vir die Reserwemag van die SANW en het by verskeie hoofkwartiere as stafoffisier (kaptein) gedien. Hy was van 1997 tot 2009 ook buitengewone professor aan die Universiteit Stellenbosch en is steeds ’n navorsingsgenoot daar.

Category:  Military History
ISBN:  9781868427505
Publisher:  Delta Books
On sale:  July 2017
Format:  Paperback
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru