fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Oor Berge en Dale


Jackie Grobler


Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy Oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap op soek na interessante monumente en gedenkplekke.

Van die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en bring onbekende verhale in die lig. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en hy besoek ook struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts.

In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui. ’n Boek vir liefhebbers van die langpad én vir leunstoelreisigers.

 

Jackie Grobler is die skrywer van die topverkoper The War Reporter, wat reeds agt keer herdruk is, asook die Afrikaanse vertaling, Oorlog-Beeld (2014). Voor sy aftrede in 2016 was Grobler vir bykans vier dekades ’n dosent in geskiedenis en in erfenis- en kultuurtoerisme aan die Universiteit van Pretoria. Dertien boeke oor uiteenlopende onderwerpe het al uit sy pen verskyn. Grobler is ’n aktiewe lid van verskeie organisasies, waaronder die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en ’n direksielid van die Voortrekkermonument-maatskappy.

Category:  Travel Books
ISBN:  9781868427826
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  May 2017
Format:  Paperback (Afrikaans)
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru