fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Hans-Nazi's: 'n Bernie Gunther-speurverhaal


Philip Kerr


Berlyn, 1933. Hardebaard speurder Bernard – “Bernie” – Günther word deur ’n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind.

Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy ’n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot ’n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …

Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot ’n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – ’n milieu wat Kerr met vernuf skets.

Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.

 

Philip Kerr (1956–2018) was ’n Britse skrywer wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy speurverhale. Hy het in 1980 ’n meestersgraad in filosofie en die regte aan die Universiteit van Birmingham ontvang en het daarna meer as 30 boeke gepubliseer, waaronder veral historiese romans en misdaadfiksie. Sy Bernie Günther-romans speel af in Nazi-Duitsland. Hy is in Maart 2018 oorlede.

Category:  Crime Fiction
ISBN:  9781868428809
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  September 2018
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781868428816 
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru