fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Doodsbleek (Afrikaanse vertaling van The Pale Criminal)


Philip Kerr


In Doodsbleek moet die gesoute speurder Bernie Günther ’n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.

Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in ’n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangrikersake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek ’n ryk weduwee, en die ander, homself.

Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo – Berlyn se misdaadpolisie – ’n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer allessal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos – ’n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.

Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans.

 

Philip Kerr (1956–2018) was ’n Britse skrywer wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy speurverhale. Hy het in 1980 ’n meestersgraad in filosofie en die regte aan die Universiteit van Birmingham ontvang en het daarna meer as 30 boeke gepubliseer, waaronder veral historiese romans en misdaadfiksie. Sy Bernie Günther-romans speel af in Nazi-Duitsland. Hy is in Maart 2018 oorlede. Vertaal deur die bekroonde Suid-Afrikaanse vertaler, roman- en kortverhaalskrywer Zirk va Den Berg. Hy is die vertaler van Wilbur Smith se boeke in Afrikaans.

Category:  Crime Fiction, Afrikaans
ISBN:  9781868428823
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  March 2019
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781868428830  
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru