fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Die Anglo-Boereoorlog in Kleur


Tinus le Roux


Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

In die Anglo-Boereoorlog of Suid-Afrikaanse Oorlog het die twee Boererepublieke van Transvaal en die Oranje-Vrystaat teen die Britse Ryk te staan gekom. Hierdie verwoestende oorlog sou vir dekades lank nog ’n uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse politieke, ekonomiese en sosiale landskap.

Volume 1 handel oor die konvensionele fase van die oorlog van Oktober 1899 tot Junie 1900 met Lord Roberts se besetting van die Boererepublieke. Die foto’s wys die Boeremagte se invalle in Natal en die Kaapkolonie, die besetting van Ladysmith, Kimberley en Mafeking, en van die bekendste slagvelde van die oorlog.

Lesers sal talle ikoniese foto’s in Die Anglo-Boereoorlog in kleur raaksien, maar ook verskeie wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Honderde boeke het die afgelope 120 jaar oor die oorlog verskyn, maar dit is die eerste een in volkleur.

Tinus le Roux is ’n militêre geskiedenis-entoesiasies wat al sedert 2014 Anglo-Boereoorlogfoto’s inkleur. Hy kleur ook foto’s uit die Tweede Wêreldoorlog in, spesifiek dié wat met die Suid-Afrikaanse Lugmag verband hou. Etlike van sy foto’s is al in boeke gepubliseer en sy Facebook-bladsy, Boer War Colourised Photographs, het duisende lojale volgelinge. Wanneer hy nie foto’s inkleur of op sy bergfiets rondry nie, besit en bestuur Tinus ’n koringmeule in Kaapstad. Hy het vroeër jare as ’n ontwerps-ingenieur by Denel gewerk.

Category:  History, Afrikaans
ISBN:  9781776191772
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  April 2022
Format:  Paperback
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot EB logo reseller loot
Protea Balakudu
Raru Wordsworth_Books.jpg