JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

New Releases

In Christus

Category: Religion, Afrikaans
ISBN:   9781928248101
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale: June 2020
List price: R220
Format: Paperback
eBook ISBN

In Christus: Van toeskouer tot spoortrapper


Callie Roos


“God is nie een of ander control freak nie... Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.”

Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef.

Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.

’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.

In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.


Callie Roos is ’n fasiliteerder van strategiese en leierskapsdenke, besigheidsvaardighede en spanprosesse. Hy het al werkswinkels en praatjies aan meer as 200 maatskappy, waaronder AngloGold Ashanti, Exxaro en Anglo American Platinum, aangebied. Na sy studies aan die Universiteit van Pretoria het hy by die Weermag aangesluit waar hy onder meer ’n operateur by die Spesiale Magte (Recce’s) was en as kapelaan gedien het. Hy is ook die outeur van ‘n boek getiteld Wandelaar.

BUY ONLINE:

Takealot reseller loot EB logo bargain books logo 165px RW.JPG
Raru Graffiti Logo.PNG Protea Balakudu Varsgedruk logo small