payday uk
jonathanball_logo

ecommerce_customers


Our Books




Op Pad in Suid Afrika


E-mail
   


BUY THIS BOOK
Op Pad in Suid Afrika
BPJ Erasmus

ISBN 9781868421497
Publication date 2007
RRP R 230


Hierdie splinternuwe uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika kyk na die magdom gehuggies, dorpe en stede wat Suid-Afrika so ’n fassinerende plek maak om te verken. Die klem val op die interessante en informatiewe verhale wat in hierdie plekke opgesluit lê. Die oorsprong van plekname word in besonderhede beskryf en die karakter en aantreklikhede van plekke vandag word geskets.

Ingesluit in elke hoofstuk is gedetailleerde streekkaarte, wat aangevul word met roete aanwysings in die teks. Die 37 hoofstukke is in logiese volgorde gerangskik – die reis begin by Kaapstad en kring dan verder noordwaarts uit. Sodoende word ’n land van geweldige diversiteit uitgebeeld – een wat wissel van die groen en rustige valleie van die Kaapse hinterland tot die windverwaaide sandveld in die weste tot die subtropiese geilheid van die ooste, van die uitgestrekte bosveldvlaktes van die noordooste tot die droë wildernesse van die noordweste, van bedrywige metropole tot klein gehuggies wat altyd sluimer. Die grootsheid van die land word op boeiende wyse beskryf.

Danksy al die bygewerkte en uitgebreide inligting, meer as 500 nuwe foto’s en 37 duidelike kaarte, is Op Pad in Suid-Afrika ideaal vir die toegewyde of leunstoelreisiger, die toeris of enigiemand met ’n lewendige belangstelling in die geskiedenis van Suid-Afrika.
The Author

B.P.J Erasmus, graduate of the Universities of Stellenbosch and Cape Town and author of both the first and this edition of On Route in South Africa,

Read more
Extras

Reviews, News & Interviews: