JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Ta-Da!

Category: Food and Drinks
ISBN:   9781928363057
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale: August 2018
List price: R290
Format: Paperback
eBook ISBN

Ta-Da! Die beste uit die Tuis-kombuis


Johané Neilson


As jy jou gaste wil beïndruk, maar nie ure voor die stoof wil deurbring nie, is Ta Da! net die kookboek vir jou.

Tuis, Suid-Afrika se voorste dekor- en tuingids, se resepte is ewegewild as hulle mooimaakplanne. Dié tydskrif se kosredakteur, Johané Neilson, het die resep vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos voor te sit. Sy deel handige wenke vir hoe om die ta-da! in ’n gewone dis te sit en dit moeiteloos soos ’n gourmet-maal te laat lyk.

Die boek is ingedeel volgens die seisoene en bevat alles van ligte somersmaaltye tot koesterende winterskos, resepte vir bykosse en liplekker nageregte. Daar is alles van kerrieviskoekies en potgebraaide bief met spek en biltong tot botterskorsie-rolkoek en klapperkoek.

Dit was nog nooit so maklik om jou geliefdes te beïndruk nie!

If you want to impress your guests without spending hours in the kitchen Ta-da! is just the recipe book for you. It contains a selection of the most popular recipes published in top décor and gardening magazine Tuis/Home. It shows you how, with a few easy tricks, you can turn an ordinary dish into a gourmet meal.


Johané Neilson is die kosredakteur van die gewilde tydskrif Tuis|Home. As kosskrywer en stilis ontwikkel sy al meer as 10 jaar lank smullekker resepte wat boonop maklik is om te maak en indrukwekkend lyk wanneer dit voorgesit word. Johané strewe daarna om kookkuns toeganklik te maak en haar lesers iets te leer én te inspireer. Johané Neilson is a food writer and stylist, pasta lover, real butter enthusiast, reader, amateur gardener and closet crafter with more than 10 years’ experience in developing delicious, easy-to-follow recipes. She is currently food editor for Tuis and Home magazine.

BUY ONLINE:

Takealot reseller loot EB logo bargain books logo 165px RW.JPG
Raru Graffiti Logo.PNG Protea Balakudu Varsgedruk logo small