jonathanball logo website trade publisher 2018



ecommerce_customers

Subscribe-to-our-newsletter

 


Doodslied vir duitsland


Email

Doodslied
Koop Doodslied vir duitsland hier:

Loot

Exclusive Books

Balakudu

Graffiti Boeke

 

 

Doodslied vir duitsland

Philip Kerr


ISBN 9781868428847


As ’n polisieman in Berlyn het inspekteur Bernie Günther reeds vroeg in die 1930’s met boosheid kennis gemaak. Nou, in 1947, is die Tweede Wêreldoorlog verby en Bernie – ’n gesoute privaatspeurder – moet die moord op ’n Amerikaanse Nazi-jagter ondersoek. Maar daar is een gróót probleem: die vermeende moordenaar is een van Bernie se oudste vriende, ’n kollega uit sy Kripo-dae. Moet Bernie sy lojaliteit aan sy vriend bewys, of eerder seker maak dat reg en geregtigheid seëvier? Maar skuil daar nie dalk meer agter hierdie vreemde saak nie?

In Wene, ’n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: ’n oud-Gestapo-hoof met ’n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk … Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir -trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd ’n topverkoper is.

 


 
 

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

The Author

Philip Kerr (1956–2018) was ’n Britse skrywer wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy speurverhale. Hy het in 1980 ’n meestersgraad in filosofie en die regte aan die Universiteit van Birmingham ontvang en het daarna meer as 30 boeke gepubliseer, waaronder veral historiese romans en misdaadfiksie. Sy Bernie Günther-romans speel af in Nazi-Duitsland. Hy is in Maart 2018 oorlede. Vertaal deur die hoogs aangeskrewe Suid-Afrikaanse vertaler, roman- en kortverhaalskrywer ZIRK VAN DEN BERG. Hy is die vertaler van Wilbur Smith se boeke in Afrikaans.

 

 

 

 

 

 

 


 

 

Extras

Reviews, News & Interviews:

Bernie Günther is pure speur-plesier. Philip Kerr is ’n misdaadfiksie-reus. Deon Meyer

Slim, skerp, spannend en supersnaaks. Karin Brynard

Hans-Nazi’s was ’n aangename lees-verrassing. Doodsbleek is selfs nog beter. Volksblad

Günther is alles wat ’n mens van ’n privaatspeurder in ’n noir-roman verwag. Beeld

’n Indrukwekkende voorbeeld van hoe daar gemaak moet word met die vertaling van misdaadfiksie in Afrikaans. Rapport