jonathanball_logo



ecommerce_customers

Subscribe-to-our-newsletter

 


My Ballerina Droom


Email

BallerinaDreams AFR
Koop hierdie boek hier:

Loot

Exclusive Books

Takealot

 
My Ballerina Droom

Michaela DePrince


ISBN 9781868428243


“Ek loer deur die verhooggordyn en sien die entoesiastiese gehoor. Hulle wag vir die ballerina om te verskyn. Die musiek begin. My hart klop vinnig van al die opwinding en dan vlieg ek op die verhoog. Die ballerina is ek!”

Michaela DePrince was ’n driejarige oorlogwesie in Sierra Leone toe sy op ’n dag ’n windverwaaide tydskrif optel met die foto van ’n glimlaggende ballerina op die voorblad. Daardie dag het haar obsessie met ballet begin. Sy het haarself daar en dan voorgeneem sy sou eendag ook so gelukkig soos die vrou op die foto wees.

Sy is kort daarna deur ’n Amerikaanse gesin aangeneem. Sy het egter nooit die foto van die ballerina vergeet nie. Toe haar nuwe ma bewus word van haar belangstelling in ballet het sy begin klasse neem.

Sedertdien het sy nog nooit ophou dans nie en vandag is sy ’n hoogs suksesvolle ballerina. ’n Storie wat enige jong meisie (of seun) sal inspireer om groot te droom.

* Die boek is die geïllustreerde kinderboekuitgawe van DePrince se roerende memoir, Hope in a Ballet Shoe. Die kleurvolle illustrasies is deur Ella Okstad.

The Author

michaela de prince Michaela DePrince is in 1995 in die oorloggeteisterde Sierra Leone gebore. Na haar ouers se dood is sy na ’n weeshuis. Daar is sy in 1999 deur Elaine DePrince, ’n Amerikaanse skrywer en eienaar van ’n platemaatskappy, aangeneem.

Michaela is vandag ’n professionele ballerina verbonde aan die Nederlandse Nasionale Ballet. Sy is in 2012 deur Joburg Ballet genooi om in ’n hoofrol in Suid-Afrika te kom dans. Sy was ook ’n hoofdanser by The Dance Theatre of Harlem in New York.


 

 

 

 

Extras

Reviews, News & Interviews: