jonathanball_logo



ecommerce_customers

Subscribe-to-our-newsletter

 


Oor Berge en Dale


Email

Oor Berge en Dale
Buy this book here:

Loot

Exclusive Books

Takealot

 

Oor Berge en Dale

Jackie Grobler


ISBN 9781868427826


Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy Oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap op soek na interessante monumente en gedenkplekke.

Van die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en bring onbekende verhale in die lig. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en hy besoek ook struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts.

In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui. ’n Boek vir liefhebbers van die langpad én vir leunstoelreisigers.

The Author

Jackie grobler Jackie Grobler is die skrywer van die topverkoper The War Reporter, wat reeds agt keer herdruk is, asook die Afrikaanse vertaling, Oorlog-Beeld (2014). Voor sy aftrede in 2016 was Grobler vir bykans vier dekades ’n dosent in geskiedenis en in erfenis- en kultuurtoerisme aan die Universiteit van Pretoria.

Dertien boeke oor uiteenlopende onderwerpe het al uit sy pen verskyn. Grobler is ’n aktiewe lid van verskeie organisasies, waaronder die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en ’n direksielid van die Voortrekkermonument-maatskappy.


 

 

 

Extras

Reviews, News & Interviews: