sunbird_logo_copy



ecommerce_customers2


Karoo Wildsvleis


Email
Karoo Wildsvleis BUY THIS BOOK

Karoo Wildsvleis


Lynne Minnaar, Annatjie Reynolds & Albé Neethling


ISBN 9781919938691

 

Die Groot Karoo is die tweede grootste platogebied buite Asië. Hierdie semi-droë streek maak tot ’n groot mate die sentrale deel van Suid-Afrika uit. Dit is ook die tuiste van talle inheemse wildsoorte soos springbok, koedoe, gemsbok, hartebees, eland en wildebees.

Wildsvleis was lank slegs goed vir biltong en droëwors.  Hierdie pragtige boek wat die gees van die Karoo vasvang, bewys die waarde en veelsdigheid van wildvleis wat geurig, voedsaam en laag in vet is. 

Met hierdie omvattende boek in hand kan elke kok interessante wildsvleisgeregte voorsit. Dit sluit ’n verskeidenheid van snitte, marinades en bykosse in wat elke maaltyd ’n gesonde en opwindende feesmaal kan omskep. 

 

The Author

 Al drie skrywers bly in Graaf-Reinett, die ‘hoofstad van die Karoo’. Hulle liefde vir wildsvleis, die Karoo en ’n uitdaging het hulle laat besef dat dit tyd is vir ’n definitiewe handleiding vir wildsvleis: een wat aan tuiskokke leiding sal gee, besoekers sal inlig en jagters kan help.  Lynne en Annatjie is die skrywers van die bekende boek, Karoo Family Favourites

 

 

Extras

Reviews, News & Interviews:

 

 Hierdie boek lees soos ‘n reis in die geselskap van goeie vriende.  Ideaal vir die kok, asook die leunstoel-reisiger wat die gees en geur van die Karoo geniet en waardeer. Magdaleen van Wyk