jonathanball_logo



ecommerce_customers

Subscribe-to-our-newsletter

 


Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe


Email

Recce voorblad
Koop Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe hier:

Loot

Exclusive Books

Takealot

 
Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe

Douw Steyn en Justin Vermaak


ISBN 9781868427901


As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoëls en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, sê dié manne.

Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte-operateurs.

Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit ’n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om ’n leeu kaalhand van ’n karkas te verjaag. Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?

Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland.

Hulle verklap boonop hul unieke filosofie – bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding!

Of staan opsy, want die Recces kom verby.

The Author

Justin Vermaak het sy militêre loopbaan by 1 SAI begin. Daarna was hy vir 10 jaar ’n Spesiale Magte-operateur by 1 Verkenningsregiment. In 1987 ontvang hy die Honoris Crux (HC) – ’n toekenning vir dapperheid. Vandag is hy ’n entrepreneur met ondernemings in die landbou, die finansiële sektor en in groen-projekte.

Douw Steyn was vir 19 jaar ’n Spesiale Magte-operateur by 1 en 4 Verkenningsregiment. Die HC is in 1975 aan hom toegeken. Hy is ook die medeskrywer van Iron Fist from the Sea. Steyn werk tans as ’n veiligheidspesialis in Durban nadat hy in 1996 as luitenant-kolonel uit die weermag afgetree het.

 


 

 

 

Extras

Reviews, News & Interviews: