jonathanball logo website trade publisher 2018



ecommerce_customers

Subscribe-to-our-newsletter

 


Die Anglo-Boereoorlog in 100 Objekte


Email

AFR Anglo Boer War 100 Objects
Koop Die Anglo-Boereoorlog in 100 Objekte hier:

Loot

Takealot

Exclusive Books

Die Anglo-Boereoorlog in 100 Objekte

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke


ISBN 9781868427666


Die 25-jarige Lammie de Villiers van die Pretoria-kommando het op Spioenkop gesterf. Die leerstewels wat hy gedra het – en ook generaal Christiaan de Wet se saal, ’n rare velduniform van die ZAR Staatartillerie, en die kerse wat die Boervrou Kotie Steenkamp by haar gehad het toe sy in die veld geleef het, is van die objekte in hierdie boek.

Die volle drama van die Anglo-Boereoorlog word werklik en persoonlik in hierdie versameling ikoniese objekte uit die Oorlogsmuseum se versameling. Die boek volg grootliks die kronologiese verloop van die oorlog, maar lig ook sekere temas uit, waaronder Boere- en Britse wapens, mediese sorg en die vernaamste rolspelers in die konflik.

Die 100 ikoniese items word aangevul deur aangrypende historiese foto’s. ’n Verdere 200 bykomende objekte is ingesluit om die storie te help vertel van ’n oorlog wat ’n onuitwisbare merk op die Suid-Afrikaanse landskap gelaat het.

The Author

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein is toegespits op die Anglo-Boereoorlog of Suid-Afrikaanse Oorlog – tot op hede nog die grootste konflik op plaaslike bodem. Die museum probeer deur sy unieke versameling artefakte, foto’s, wapentuig en kuns om groter begrip te skep oor die agtergrond waarteen die oorlog plaasgevind het.

 


 

 

 

Extras

Reviews, News & Interviews: