jonathanball logo website trade publisher 2018



ecommerce_customers

Subscribe-to-our-newsletter

 


Andre P. Brink en die spel van die liefde


Email

Andre P. Brink en die spel van die liefde
Buy Andre P. Brink en die spel van die liefde here:

Loot

Protea Boekwinkel

Graffiti Boeke

 

 

Andre P. Brink en die spel van die liefde

Leon de Kock


ISBN 9781868427949


André P. Brink en die spel van liefde is die heel eerste biografie van ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsin genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.

In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.

André P. Brink en die spel van liefde is ’n omvangryke biografie wat die leser ’n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens – oor hom self én ander. Brink

beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met ’n groot aantal vroue – ’n onderwerp wat hy in sy memoir, ’n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele norme.

In hierdie biografie van ’n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit ’n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. André P. Brink en die spel van liefde is ’n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot die bestaande navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.


 

 

 

 

 

 

 

 

 

The Author

Leon de Kock is ’n literêre vertaler, digter, skrywer en akademikus wat reeds meer as 15 boeke die lig laat sien het, waaronder drie dig bundels, ’n roman, akademiese boeke, vertalings, en talle geredigeerde akademiese werke. Sy roman, Bad Sex (2011), is deur kritici hoog aan geprys, en sy vertalings van die fiksie van Marlene van Niekerk, Etienne van Heerden en Ingrid Winterbach is hoog aanbeveel. Met sy Engelse weergawe van Triomf het hy in 2000 die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se toekenning vir uitnemende vertaalwerk gewen. Hy het ook talle ander literêre pryse gewen.

 

 

 

 

 

 

 


 

 

Extras

Reviews, News & Interviews:

Hierdie boek sal ’n blywende impak hê op die manier waarop Brink gelees en verstaan word. Dit is ’n tydige en uitstekende bevestiging van Brink se belangrikheid in die Suid-Afrkaanse letterkunde. Gerrit Olivier, Universiteit van die Witwatersrand, skrywer van N.P. van Wyk Louw: Literatuur, filosofie, politiek (1992)

Die biograaf deins nie terug vir Brink se status as skrywer nie. Die skryfstyl is kragtig en geestig, sonder om té familiêr of té afstandelik te wees … Dit is ’n boek deur ’n ervare kritikus … ’n voorbeeld van indringende literêre navorsing. Louise Viljoen, Universiteit Stellenbosch, skrywer van Die mond vol vuur: Beskouings oor die werk van Breyten Breytenbach (2014)


 

 

 

 

 

 



 


 

 

This website uses cookies to manage authentication, navigation, and other functions. By using our website, you agree that we can place these types of cookies on your device.

To read our Privacy Policy, CLICK HERE